Dowwe Dolla

Fri Aug 25, 19:00 - Fri Aug 25, 22:00

Picanha Grill & Brewery

ABOUT

Een van die top 10 verkopers by vanjaar se KKNK!
 
In hierdie nuwe “eenvrou” vertoning, beweeg Dolla bietjie weg van politiek, “want dis regtig nou boring”, alhoewel daar elke nou en dan ‘n onbeplande dwarsklap per ongeluk “gebeur”
 
Sy onthul die werklike redes hoekom vrouens nog mans “aanhou”,  sy ontleed die Suid Afrikaanse “braai” in detail uit n blonde sielkundige oogpunt .  In die proses word ingewikkelde onderwerpe soos trofeejag, homopatie, arachnofobia en hondsdolheid onder die vergrootglas geneem.  En vir die eerste keer, maak ouma Dowe Dolla (ook vertolk deur Margit Meyer-Rodenbeck) ook haar verskyning op die verhoog om ‘n meer wyse en historiese (of is dit nou histeriese?) perspektief aan alledaagse gebeure in ons land te gee.
 
Verwag nog n lag/minuut woorde-tsunami van Suid Afrika se gunsteling blondine.

DIRECTIONS

Dowwe Dolla
Picanha Grill & Brewery
50 Springs Rd, Nigel, 1490, South Africa
Get Directions