Bonatuurlik Kinderbediening Opleiding en Toerusting Konferensie – Dag van Konneksie

Sat Sep 13, 09:00 - Sat Sep 13, 15:00

Lewende Woord Kruis Kidz Venue

ABOUT

Bonatuurlik Kinderbediening Konferensie – Dag van Toerusting & Konneksie


Datum & Tyd:

13 September 2025 | 09:00 – 15:00


Plek:

Lewende Woord Brummeria, Pretoria


’n Dag wat jy nie kan mis nie!

Kom laai jou visie en jou span weer vol! Hierdie Bonatuurlik Kinderbediening Konferensie is ’n unieke dag van Konneksie en Toerusting – verbind met God, jou span en nuwe idees wat jou bediening kan verander.


Jy kry die geleentheid om vars inspirasie en praktiese gereedskap te ontvang om kinders se harte te bereik en hulle te help groei in die teenwoordigheid van God. Jy gaan huis toe met energie, visie en planne wat jy onmiddellik kan gebruik in jou kerk.


Sprekers wat jou gaan inspireer

  • Leon & Jackie (Lewende Woord KidzConnectSA)
  • Maresa Van Der Walt (AGS Siloam, Bloemfontein)
  • Albert Van Der Westhuizen (Taberna Dei Polokwane, Kidznet)
  • Charmaine Manuel (Jway)


Vir wie is dit?

Kinderkerk-leiers, spanne, ouers, pastore en almal met ’n hart vir kinders.

Tieners en jong volwassenes wat deel is van ’n span is ook baie welkom – hierdie dag gee jou die nuts & bolts wat jy nodig het om ’n kinderkerkdiens met impak te bou.


Koste

R180 per persoon

Sluit in: Muffins en koffie/tee

(Bring jou eie middagete-piekniek. Koffie, koeldrank en etes beskikbaar by die restaurant.)


Belangrik

  • Beperkte sitplekke – bespreek jou plek vandag!
  • Voorafregistrasie op Quicket
  • Geen kinderversorging beskikbaar nie. Ouer laerskoolkinders, tieners en jongmense wat help in kinderbediening kan ook ’n kaartjie koop.


Hierdie dag gaan jou bediening verander. Moenie wag nie – bespreek nou jou kaartjies!






DIRECTIONS

Bonatuurlik Kinderbediening Opleiding en Toerusting Konferensie – Dag van Konneksie
Lewende Woord Kruis Kidz Venue
72 Brummeria Rd, Brummeria, Pretoria, 0184
Get Directions