Kuier Lentedag 2025 aangebied deur Spekko

Sat Sep 6, 12:00 - Sat Sep 6, 17:00

Eureka Estate

ABOUT

WEES DEEL VAN KUIER SE LENTEDAG-PATSY!

Kuier word 16 – en ons vier dit in styl met ons derde Kuier Lentedag-patsy! Daar is weer vermaak uit die boonste rakke, uithaler-kos en die lekkerste geselskap. Moet dit nie misloop nie.

Dis weer sulke tyd! Ons derde Kuier Lentedag is hier en vanjaar gaan ons groot om ons 16de verjaardag te vier. Gaste gaan nie net lekker saam kuier om dié mylpaal te vier nie, die TV-sjef en Spekko verteenwoordiger Gadija Sydow-Noordien gaan ook daar wees!

Die sangsensasie Talitha Luiters gaan ons bekoor met haar engelstem en ons Kuier Karaokewenner, Willem Joseph, kom al die pad van Alexanderbaai in die Noord-Kaap om as deel van sy wenprys lesers op die Kuier Lentedag-verhoog te kom vermaak.


En skud jou vere reg, want ons skreeusnaakse MC van laas jaar, Quinton Manuels, is terug – en hy is reg om weer die ding te laat ruk! Die sterre van e.tv se eerste plaaslik-vervaardigde Afrikaanse daaglikse drama, Kelders van Geheime, is ook weer deel van die pret – en dié keer gaan hulle ’n paar geheime van hulself op die Kuier-verhoog kom deel.


So, kry jou beste “Into the woods” outfit reg en kom vier die koms van die lente saam met ons! Aangebied deur Spekko, in samewerking met e.tv, Glosheen en Robertson Winery, en ondersteun deur MenaCal7.

DATUM

SATERDAG 6 SEPTEMBER 2025

TYD

12:00 VIR 12:30

PLEK

EUREKA-LANDGOED, DURBANVILLE

TEMA

INTO THE WOODS

Kaartjies kos R420 en daar is min plek so bespreek nóú al om teleurstelling te voorkom.

DIRECTIONS

Kuier Lentedag 2025 aangebied deur Spekko
Eureka Estate
Hooggelegen Rd, Durbanville, Cape Town, 7551, South Africa
Get Directions