Merkers
Fri Aug 29, 18:30 - Fri Aug 29, 19:30
Wilge Teater
ABOUT
FAK bied aan: MERKERS
"Merkers" is reis wat deur digkuns en musiek die gehoor saamneem verby al die belangrike plekke en mense wat die merkers word op jou lewenspad. Party is struikelblokke en ander bied opwinding, ander bring rus maar elkeen word 'n merker langs die pad wat lei na die moontlikheid van uiteindelike geborgenheid. Met woorde en wysies van onder ondere Koos du Plesis, Breyten Breytenbach, Piet de Jager, Bibi Slippers, Jan Blohm, Koos Kombuis, Klopjag, Ingrid Jonker en Johannes Kerkorrel sal elkeen in die gehoor 'n stukkie van sy eie pad erken en dalk die merkers raak voel op hul eie plek waar 'n tuiskoms wink.
Met: Sallas de Jager, Kristin Naude, Jaco van Staden, Rejeanne Kruger, Christo Beer, Gerhard du Preez.