No under 13s

Bacchus tot Bekker

Thu Sep 18, 19:00 - Thu Sep 18, 21:00

La Casa Blanca

ABOUT

Van Papsak tot Pinotage, Chardonnay tot Chenin Blanc – “Bacchus tot Bekker” is 'n viering van die vreugde van wyn en goeie geselskap.


‘n Bietjie wyngeskiedenis wat jou sal verras, en dan neem Amore jou na die bruilof waar water in wyn verander is.


Ons kyk na die simptome van ‘n wynsnob, en leer die ABC van wynproe. Jy sal nooit weer ‘n glas rooiwyn drink waarin ‘n muggie geval het nie, of die tweede goedkoopste bottel wyn in ‘n restaurant bestel nie.


Die produksie kombineer geskiedenis en interessante feite van wyn, wat nie alombekend is nie, met staaltjies, sketse en musiek. Dit is meer as net ‘n teaterproduksie – dit is drama, leefstyl en storievertelling in een.


Met regie deur Tobie Cronjé en die geliefde Amore Bekker van RSG, duur die produksie sowat 70 minute.


Amore stel ook vir die eerste keer haar sangtalent tentoon en neem die gehoor op 'n reis deur die geskiedenis en stories van wyn.


Of jy nou 'n wynkenner is of bloot iemand wat 'n goeie glas waardeer – hierdie produksie sal jou met 'n nuwe waardering vir die kuns van wynmaak laat wegstap.

Kom deel ’n glasie (of twee).


Hierdie vertoning sluit ’n komplimentêre glas wyn in – in trotse samewerking met Groote Post. (Slegs vir gaste ouer as 18.)


Prost!


Bacchus tot Bekker

Aangebied deur: Leftfoot Theatre Productions

Regie: Tobie Cronjé

Met: Amore Bekker

Tydsduur: 70 min

Ouderdomsbeperking: PG 13

DIRECTIONS

Bacchus tot Bekker
La Casa Blanca
Get Directions