Caledon Canola Run 2025
Sat Sep 6, 07:00 - Sat Sep 6, 17:00
Roodebloem Proefplaas - Overberg Agri
ABOUT
Belangrik: Slegs tweewiel motorfietse word toegelaat.

Inskrywingsfooi
Spesiale tariewe geld vir aanlyn kaartjies wat vóór 5 September 2025 aanlyn gekoop word.
Verhoogde tariewe geld vanaf 5 September tot en met 5 September om 20h00 wanneer aanlyn inskrywings sluit.
Inskrywings kan ook op die dag gedoen word, maar sonder die tarief korting soos met aanlyn inskrywings.
Kaartfasiliteite
Kaartfasiliteite sal beskikbaar wees.
Registrasie en vertrekpunt
Die registrasie en vertrekpunt is by plaas Roodebloem, ongeveer 10km buite Caledon rigting George.
Maak seker dat die bewys van Quicket registrasie saamgebring word vir registrasie.
Klik hier vir die pin location
Program
Registrasie 7h30 - 8h30
Briefing 8h30
Vertrek 9h00
Ete
Dit is ingesluit by elke ryer se kaartjie en kan apart ook gekoop word.
Neem kennis
Roete is tussen 75 en 100km lank met 'n stop in die middel.
Maak seker dat jou motorfiets se reikafstand voldoende is vir die roetes.
Sorg vir jou eie brandstof omdat geen ekstra brandstof voorsien of verkoop gaan word nie.
Daar sal wel geleendheid wees vir vervoer van brandstof in eie houers na die middelpunt.

CALEDON CANOLA RUN 2025
6 September 2025
Dit is jaarliks 'n wonderlike geleentheid wat deur motorfietsryers van heinde en verre kom geniet word.
Ryers kry die geleentheid om die pragtige
natuurskoon van die Overberg te kom geniet, om op andersins ontoeganklike
privaat grondpaaie te kom ry en om die Overbergse gasvryheid te geniet.
Dit is belangrik om daarop te let
dat dit nie 'n resies is nie, maar wel
'n pretrit vir dubbeldoel en endure motorfietse.
Alle fondse wat ingesamel word deur die organiseerders,
word weer net so in die gemeenskap
aan verdienstelike gevalle en projekte teruggeploeg.
Vir navrae, kontak [email protected]
of facebook Caledon Canola Run