Heerenboontjies in Buckinghampaleis
Sat Sep 6, 18:30 - Sat Sep 6, 20:00
Hoërskool Stellenbosch
ABOUT
Heerenboontjies in Buckinghampaleis
Kom saam met ons op ‘n 350 jaar reis vanaf Nederland met die Oos Indiese Kompanjie na Suid-Afrika en dan na Engeland.
Heerenboontjies was in die 1600s geproe in die Sandveld deur Willem Adriaan van der Stel en is toe so na die Kasteel in Kaapstad, toe na Nederland en op die ou ent selfs aan die etenstafel van Buckinghampaleis geniet.
Net soos die heerenboontjies van Suid-Afrika gereis het tot Brittanje so het vele Suid-Afrikaanse komponiste, Marina Erasmus (sopraan) en Roelof Temmingh (pianis) dieselfde roete gevolg.
Komponiste soos S. le Roux Marais, Arnold van Wyk, Hans Endler, Rosa Nepgen en soveel meer sal gehoor word.
‘n Unieke ervaring wat die geboorte, ontwikkeling en styl invloede van Afrikaanse kunslied ten toon stel en vier.
Kom sit saam met ons aan die etenstafel en kom geniet die geurryke elemente van Afrikaanse kunsmusiek en kom blaas ‘n kersie vir die taal se eeufees.
‘n Glas wyn is ingesluit in die kaartjieprys vir alle volwassenes.