Family friendly

Leef Jou Waarheid met Nádine en Johan Botha

Wed Sep 24, 10:00 - Wed Sep 24, 13:00

Andes Cafe and Guest Farm

ABOUT

Johan Botha en Nadine neem Suid-Afrika op ’n reis van hoop met motiveringsoggende: “Leef jou Waarheid”


Die bekende sangeres Nadine en lewensafrigter, skrywer en inspirasiespreker Johan Botha span kragte saam vir ’n landwye toer van motiveringsoggende onder die tema “Leef jou Waarheid” – ’n transformerende belewenis wat inspirasie, eerlikheid en innerlike genesing saambring.


Hierdie dinamiese oggende bied ’n veilige ruimte vir mense om hul maskers af te haal, hul pyn te verwerk en hul ware self te herontdek.


Johan Botha, skrywer van die gewilde boek “Geskep vir Meer” wat einde verlede jaar deur Bybel-Media uitgegee is, deel insiggewende waarhede oor identiteit, selfwaarde en hoe om van binne na buite te leef. Sy boodskap is prakties, eerlik en deurdrenk van geloof. “Elke mens is geskep vir meer – meer liefde, meer betekenis, meer lewe. Hierdie oggende is ’n uitnodiging om jouself weer raak te sien deur God se oë,” sê Johan.


Nadine deel op ’n rou en eerlike manier haar persoonlike reis van geloof en groei. Sy praat onder andere oor die seisoene van die lewe, die maskers wat ons dra, en hoe ware vryheid begin wanneer jy jouself toelaat om eg te wees. “Ons probeer so dikwels sterk lyk, maar binne is ons moeg. Hierdie oggende help ons om weer te besef wie ons werklik is – sonder skuld en sonder skaamte.”


Wat om te verwag:

’n Kragtige kombinasie van motivering, egtheid en geloof


Persoonlike verhale en praktiese insigte oor identiteit en herstel


’n Ruimte vir lag, trane, refleksie en hoop


Gereedskap om van oorlewing na ware lewe te beweeg


Nadine se Nellie Vellies Pop Up Shop


Johan se boek "Geskep vir Meer" sal te koop wees


Uitstallers


Pryse!


Musiek


Ligte Middagete


Kontak:


Carine : 082 893 7836

DIRECTIONS

Leef Jou Waarheid met Nádine en Johan Botha
Andes Cafe and Guest Farm
Farm Welgelegen, R712, Clarens, 9707, South Africa
Get Directions