Family friendly

ATKV-Tienertoneel Gauteng-streeksfees 1

Mon Jul 28, 10:20 - Sat Aug 2, 22:00

UNISA Little Theatre

ABOUT

WEES MAGNETIES IN GAUTENG


Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in Suid-Afrika te ondersteun by die UNISA Little Theatre in Pretoria vanaf 28 Julie tot 2 Augustus 2025.


Koop 'n dagpas-kaartjie en sien al die vertonings van die dag vir die prys van een.


Streeksfees-dagprogram (Maandag tot Vrydag)

Raadpleeg asseblief die program

10:20 - Vertoning 1

12:00 - Vertoning 2

14:10 - Vertoning 3

15:50 - Vertoning 4

17:30 - Vertoning 5

19:40 - Vertoning 6


Lees die program hier vir meer besonderhede.

Die program is onderhewig aan veranderinge.


Die streeksfeesfinaal vind op Saterdag 2 Augustus om 16:30 plaas.

Die streeksfeesfinaliste word op Vrydag-aand, 1 Augustus na 22:00 op die ATKV se sosiale media bladsye aangekondig.


Meer oor ATKV-Tienertoneel:


Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek al vir een-en-sestig jaar ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.


Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede as moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!


Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.

DIRECTIONS

ATKV-Tienertoneel Gauteng-streeksfees 1
UNISA Little Theatre
287 Nana Sita St, Pretoria Central, Pretoria, 0002
Get Directions