MYNHARDT KOOK PETER VELDSMAN

Sun Aug 27, 11:30 - Sun Aug 27, 16:00

Mynhardt se huisrestaurant in Stasiestraat, Paarl

ABOUT

Kosmense uit ‘n vorige geslag het al baie  gewens dat hulle tog net een keer met Leipoldt kon praat en sy menswees beleef.   Op 27 Augustus, oor ‘n heerlike middagete, kan die huidige geslag darem nog kans kry om saam met Peter Veldsman te kuier en na sy wonderlike lewensverhaal te luister.
 
In die skadu van Paarlberg naby die stasie staan Mynhardt Joubert se pragtige historiese huisrestaurant. Dis hier waar hy sy keuse van Peter Veldsman se kosskeppings  gaan opdis – met dalk  hier en daar ‘n klein verrassing.   Borde kos wat liggaam en gees sal  voed en jou hart sal laat sing.
 
 Spyskaart volg.
 
Peter Veldsman
Peter was 16 jaar lank die kosredakteur van SARIE en het ‘n groot rol gespeel om die Suid-Afrikaanse gasvrou met selfvertroue te laat onthaal. Hy was ook vir 21 jaar die eienaar van die bekende Emily’s en is in 2016 met die Lannice Snyman Lifetime Achievement Award bekroon. Tot op hede het hy 11 kookboeke die lig laat sien, waarvan sy mees onlangse een: WAT DIE HART VAN VOL IS …
 
Myhardt Joubert
Mynhardt se kosreis begin by Bar Bar Blacksheep in Riebeek Kasteel waar hy  unieke geurkombinasies en disse van plaaslike produkte geskep het. Na 5 jaar hang hy dáár sy voorskoot op en skryf in vir die Groot Kokkedoor realisteitsreek waar hy en sy vennoot Tiaan as wenners verkies word. Te midde van van die tweede reeks, Makietie, nader KWV hom om as ambassadeur op te tree en tussendeur laat hy die potte dans in sy huisrestaurant.