Family friendly

Van doellyn tot winslyn met Matfield en kie.

Fri Sep 5, 10:00 - Fri Sep 5, 14:00

Makojalo Venue & Guest farm

ABOUT

Victor Matfield en eiendomskenner gesels rugby en eiendomsbelegging

Ongelukkig word ons gereeld blootgestel aan opinies, pleks van waarhede, veral saam met “kenners” om die braaivleisvuur.


Êrens tussen die kole en die vleis val die spreekwoordelike pap dan op die grond.


Daarom is dit beter om die feite oor eiendomsbelegging en rugby uit die perd se bek te hoor.


Tydsverloop speel ’n groot rol, hetsy dit die 80 minute op die rugbyveld is of die waarde van tyd in ons beleggingsreis. As die Springbokke speel en die telling is nie hul guns nie, voel dit of die horlosie vinniger uitloop. Net só met ons eie finansiële telbord.


Dit is dan nog belangriker om die regte besluite te neem, gegrond op feite en ervaring.


Die Springbok-legende Victor Matfield en die eiendomskenner Charl du Toit van UNiQON gaan op Vrydag 8 Augustus om 10:00 by Makojalo, Potchefstroom, hieroor en meer gesels in wat beloof om die braaivleisvuurpraatjies eens en vir altyd te snoer.


Derrich Gardner, RSG-omroeper en aanbieder van Vat Vyf op Saterdagoggende, is die gespreksleier.


“Soos Victor die spel rugby, asook die gepaardgaande risiko’s en die vermyding van daardie risiko’s in diepte verstaan, só werk dit ook met eiendomsbelegging,” verduidelik du Toit.


In die gesprek gaan onder meer gekyk word na risikobestuur en hoe UNiQON met sy waarde-vir-geld-eiendomme en holistiese oplossings die belegger se administratiewe laste oorneem en behartig.


Daar is slegs 150 sitplekke beskikbaar teen R100 per persoon. Hierdie is die ideale geleentheid om jou kennis oor eiendomsbelegging te verbreed en ook lekker rugby te gesels.


Die totale inkomste uit kaartjieverkope word aan die Abraham Kriel-kinderhuis in Potchefstroom geskenk.


Die gesprek sal teen 12:00 klaar wees, waarna gaste ’n heerlike worsbroodjie met ’n koue bier kan afsluk. Daar sal tot 14:00 geleentheid wees om skouers skuur en foto’s te neem.


Kom leer hoe om, wanneer jou loopbaan se eindfluitjie blaas, dit met dieselfde grasie te hanteer as wat Victor sy rugby-loopbaan afgesluit het – voorbereid, suksesvol en met ’n plan vir wat volgende kom.


UNiQON is ’n gevestigde eiendomsontwikkelaar wat reeds 40 jaar uitsonderlike ontwikkelings in Pretoria skep, met ’n bewese rekord van residensiële, kommersiële en kleinhandel-projekte. UNiQON konsentreer op ontwikkelings wat óf die belegger óf die “koop-om-te-bly”-mark bedien.


Die geleentheid word met trots ondersteun deur Makojalo en Eeufees Toyota.



DIRECTIONS

Van doellyn tot winslyn met Matfield en kie.
Makojalo Venue & Guest farm
R53, Elandsheuwel, Potchefstroom, 2520, South Africa
Get Directions