Stuur Groete vir die Moot

Sat Jul 19, 18:00 - Sun Jul 20, 16:00

Wilge-Teater

ABOUT

Stuur Groete vir die Moot


Henry Moolman is ’n gladdebek-verkoopsman wat probeer vlug van sy verlede. Wanneer hy besef dit is die 15 jaar-herdenking van ’n verwoestende gebeurtenis, wat sy familie uitmekaargeruk het, word Henry gedwing om te besin oor die tydperk wat gelei het tot die voorval.

Ons keer terug na die vroeë 2000’s. Henry is nog bekend as Hennie, ’n middelklas-seun van die Moot in Pretoria. Hy kom voor soos ’n tipiese tienerseun wat belang stel in meisies, deelneem aan die skool se musiekblyspel omdat die juffrou “hot” is en Vrydagmiddae droogmaak saam met sy pêlle.?.?. maar by die huis gaan dit nie so goed nie. Henry en sy sussie, Gerdie, sien hoe hul pa, Hendrikus, al hoe dieper in ’n gat van depressie wegsink en dit al hoe meer op hul ma, Elsabe, uithaal. Hul pa se assistent, Sifiso, probeer intree, maar dit raak al hoe duideliker dat Hendrikus se wisselvallige humeur ’n tikkende tydbom is.

DIRECTIONS

Stuur Groete vir die Moot
Wilge-Teater
8 Frank Rd, Die Wilgers, Pretoria, 0041
Get Directions