Vier Seisoene Fees 2025
Sat Oct 11, 11:30 - Sat Oct 11, 23:59
Karos Gastehuis Die Skuur
ABOUT
Die Vier Seisoene Fees 2025 bring van ons mees geliefde musieksterre byeen in Loxton op 10 tot 12 Oktober 2025.
Met van Suid-Afrika se top Afrikaanse kunstenaars - Juanita Du Plessis, Andriette Norman, Koos Kombuis, Gian Groen, Wicus Van der Merwe en Wouter Van de Venter, beloof hierdie naweek om ’n onvergeetlike belewenis vir oud en jonk te wees. Die fees bring Karooklanke, plaaslike lekkernye, kuns, handgemaakte produkte en die hartlikheid van 'n boeregemeenskap byeen. Die Saterdagaand word op 'n hoogtepunt afgesluit met 'n regte Karoo opskop in Die Skuur met Vos Reyneke en Die Banned.
Ander opwindende naweekaktiwiteite sluit die opening van Proe restaurant by die Vier Seisoene Gastehuis, 'n 5km/ 9,5km en 24,7km Lifestyle Challenge trail run op Biesiespoort Gasteplaas, en geestelike sangeres Jacky van der Berg se optrede Sondagoggend om 9h30 in Loxton se NG kerk in.
Ons het 'n lys van beskikbare verblyf in en om Loxton wat nie op aanlyn platforms geadverteer is nie. E-pos [email protected] of Whatsapp Charmi by 062 149 4399 vir die akkomodasie lys.
CBC Projects verskaf "Karoo Glamping" op Biesiespoort Gasteplaas vir die feesnaweek. Elke tent het 'n grondseil, 2 kampbeddens met beddegoed, 'n tafel, lig en 2 kampeerstoele. Storte en toilette word voorsien. Besprekings op Quicket.
Die Vier Seisoene Fees -- eg, hartlik, Afrikaans!