Verby Sondag - Kommunikasie Konferensie
Wed Aug 6, 09:00 - Wed Aug 6, 15:00
Communitas
ABOUT
Voel dit vir jou ook asof jou kommunikasie by Sondag vashaak? Wat gebeur van Maandag tot Saterdag? Hoe behoort ons as kerke en kreatiewe bedieningspanne te dink oor strukture, strategie, kunsmatige intelligensie (AI), digitale kommunikasie en die tydlose waarheid van Jesus?
Die Oostelike Sinode in samewerking met EG(kunst) en Oosterlig bied aan: Verby Sondag - waar Geloof, Tegnologie en Taal ontmoet.
Sluit op 6 Augustus van 09:00 tot 15:00 by ons aan vir 'n praktiese en inspirerende kommunikasie konferensie vir kerke.
Die fokus? Om stemme soos joune toe te rus vir impak – binne die kerk en aanlyn.
Van gasvryheid, digitale dissipelskap en sosiale media, tot AI, inhoudskepping en storievertelling – ons gesels oor alles wat jou kommunikasie kreatief en koersvas kan maak in 'n vinnig-veranderende wêreld. Of jy nuut is in hierdie veld of jou bestaande vaardighede wil opskerp, jy sal wegstap met insigte, gereedskap en kreatiewe aansteeklikheid om jou kommunikasie na die volgende vlak te vat.
Woensdag 6 Augustus
09:00 tot 15:00
Leastraat 469, Waterkloof Glen, Pretoria-Oos: Communitas-Ouditorium
R150 per persoon (Jou gesubsideerde kaartjie sluit 'n ligte middagete, asook 'n kommunikasie-hulpgids in).
Die konferensie is op kerke gerig, maar enige kreatiewe siele is welkom!
Ons sien uit daarna om jou te ontmoet!
Kom leer. Kom netwerk. Kom bemagtig jou kerk se stem – én jou storie.