Hoërskool Wesvalia | 50 Jaar Feesviering
Sat Oct 18, 18:00 - Sat Oct 18, 22:00
Wesvalia High School
ABOUT
Hoërskool Wesvalia vier 50 jaar van uitnemendheid!
18 Oktober 2025
16:30 vir 18:00
Na vyf dekades van trots, tradisie en prestasie, nooi ons al ons oud-leerders, oud-personeel, oud-hoofde en huidige Wesvalia ouers uit om saam met ons hierdie goue mylpaal te vier.
Kom deel in die herinneringe, herleef die oomblikke, en verbind met klasmaats deur die jare heen – elke matriekjaar het hulle eie tafel(s) sodat jy saam met jou jaargroep kan feesvier.
Moenie hierdie een-in-‘n leeftyd viering misloop nie.
Dit gaan ‘n aand van glans, musiek, stories en nostalgie wees soos net Wesvalia dit kan doen!
Vrae en antwoorde
Tot wanneer het ek kans om 'n kaartjie te koop?
Jy het tot 17 Oktober 2025 om jou kaartjie te koop.
Wat gebeur as ek nie betyds 'n kaartjie kon koop nie?
Kontak die skool om uit te vind of daar enige beskikbare kaartjies is.
Waar gaan die verrigtinge plaasvind?
Op Wesvalia se rugbyveld, in 'n pragtige markiestent.
Wat is die kleredrag?
Kom stylvol na die aand se prag,
met rok of hemp wat glans en lag.
Geen denims, plakkies of kortbroek se gees –
net luuks en mooi vir ons spesiale fees.
Hoe laat moet ek arriveer?
Die deure sal om 16:30 oopmaak, en die verrigtinge begin stiptelik om 18:30
Is daar ‘n dansvloer?
Ja, bring jou dansskoene saam.
Is daar 'n kontantkroeg?
Ja, daar is 'n kontantkroeg beskikbaar.
Hoe werk die tafelplasing?
Groepe van dieselfde jaar sal bymekaar sit. As jy graag met spesifieke vriende ‘n tafel wil deel, stuur asb die naam en van na [email protected]
As ek 'n ouer is van die skool, hoe werk die tafelplasing?
Vul asseblief die jaargroep in by die kaartjiebespreking. As jy graag met spesifieke vriende ‘n tafel wil deel, stuur asb die naam en van na [email protected]
Is kinders welkom?
Kinders is ons passie, maar hierdie funksie is volwassenes alleenlik. Ons maak 'n uitsondering vir baba's.
Hoe kan ek my storie deel?
Deel jou herinneringe of staaltjies met ons deur dit te e-pos na [email protected]. Selfs al kan jy dit nie bywoon nie, sal die seremoniemeester 'n paar van hierdie stories met die gaste deel.
Waar kan ek oornag?
La Benroy tel: 079 527 4296
Bateleur Gastehuis: 078 793 8338
Tristan’s Place: 083 604 1836
Villa Maria : 018 468 5214
Abrie Coetzee: 072 804 9841