ARISE AND SOAR!
Fri Aug 22, 17:00 - Sun Aug 24, 11:00
Koninkryk Woord Bediening at Earth
ABOUT
Arise & Soar
Koninkryk Woord Bediening Vrouekonferensie 2025
Liewe sussies in Christus,
Dit is met groot opgewondenheid en verwagting dat ons ons 3de Vrouekonferensie aankondig wat plaasvind oor die naweek van 22-24 Augustus.
Hierdie jaar is ons tema "ARISE AND SOAR."
Ons het opgestaan. Ons het begin beweeg, gegroei en geskyn. Nou is dit tyd om uit te styg — hoër as ooit tevore. Hierdie jaar nooi ons jou na Arise & Soar, ’n konferensie waar vroue saamkom om hul vlerke in geloof te sprei. Gegrond op Jesaja 40:31, en gevestig in die klaar werk van die kruis, vertrou ons dat God ons nie net oprig nie, maar ook dra — bo elke storm, bo elke uitdaging.
Dis jou tyd om te vlieg. Kom beleef die beweging van Sy Gees in jou lewe.
Program & Sessie-inligting
Vrydag | 22 Augustus
Registrasie begin om 17:00
Kom geniet ’n ligte aandete tussen 17:00 en 18:00, voor ons saam die naweek afskop met die eerste sessie van 18:00 tot 20:00.
Saterdag | 23 Augustus
Registrasie vanaf 08:00
’n Vol en geseënde dag met drie sessies van 09:00 tot 17:00.
Ontbyt, koffie, middagete en verversings word voorsien deur die loop van die dag.
Sondag | 24 Augustus
Almal welkom!
Jy en jou gesin is hartlik uitgenooi na die afsluitsessie tydens ons Sondag-oggenddiens van 09:00 tot ongeveer 11:00.
Mans en kinders is baie welkom om hierdie spesiale geleentheid saam met ons te beleef.
Wat is ingesluit by jou R250 kaartjie:
- Ligte aandete Vrydagaand
- Koffie, tee en verversings reg deur die naweek
- Saterdag-ontbyt, 'n happie tussen-in en middagete
- Woordbediening, aanbidding en tyd in God se teenwoordigheid
- ’n Kans om te rus, te groei, en nuwe krag te ontvang om te vlieg
Arise & Soar – want Sy werk is klaar.
GETUIENISSE
"Wat 'n geseënde en goed gereelde konferensie! Van die seamless bespreking, elke Woord, sang en aanbidding en heerlike fees kosse wat op 'n feestelike wyse voorgesit was... My bruikbare goodiebag (ek Love dit) was dit net seën op seën. Baie dankie dat ek dit saam kon geniet! Mag die Here jul seën in jul gehoorsaamheid en werk!" Anonymous
"Hierdie is die begin van 'n groot beweging vir Christus en ek is bly ek kon deel daarvan wees. Dankie vir alles. Kos was heerlik, alles was mooi, uitstekend georganiseer en die sukses vir my was die eerlikheid van elke spreker. Wel gedaan aan elkeen wat betrokke was. Ek sien baie uit na die volgende Arise." Janet