FREE OPTIONS

LEIERSKAP IN DIE WERKSPLEK: BRAND PRETORIUS & JURIE SCHOEMAN

Fri Jul 25, 18:30 - Fri Jul 25, 21:30

359 Umgeni St

ABOUT

Om rentmeester en 'n dienende leier te wees op die markplein en in ons werksplek word al hoe meer uitdagend!! Kom luister gerus wanneer ons met die bekende Dr Brand Pretorius (ex Toyota en McCarthy Besturende Direkteur) en Dr Jurie Schoeman (38 jaar ervaring in kerklike bediening) gesels oor die vrystelling van hul nuwe boek “Inspirerende leierskap - riglyne vir sukses uit die sakewêreld en die Woord”. Geanker in dekades se leierskapsondervinding word 60 leierskapstemas ontleed aan die hand van ’n dienende leierskapsfilosofie, en wyshede en riglyne uit die Woord.


As jy, soos baie van ons, opsoek is na waardevolle riglyne oor hoe om as Christen op die markplein te funksioneer, moet nie hierdie inspirerende aand misloop nie!


Daar sal heerlike sop en sjerrie bedien word om die binneste ook te verwarm op die koue wintersaand.


Volwassene: R150

Pensioenaris: R100

Kinders: Gratis


Bespreek jou kaartjies en maak seker jy pen die aand vas in jou dagboek - Vrydagaand, 25 Julie 2025 @ 18h30 in Gereformeerde Kerk Rietvallei se kerkgebou (Umgeni Straat 359, Erasmuskloof - Oorkant Waterkloof Hoërskool)!


DIRECTIONS

LEIERSKAP IN DIE WERKSPLEK: BRAND PRETORIUS & JURIE SCHOEMAN
359 Umgeni St
359 Umgeni St, Erasmuskloof, Pretoria, 0048, South Africa
Get Directions