Rocco de Villiers en Coenie de Villiers - 88 (Ekstra Vertoning @ Die Centurion Teater)
Sun Aug 31, 16:00 - Sun Aug 31, 17:15
Die Centurion Teater
ABOUT
Ekstra Vertoning weens Oorweldigende Aanvraag en Uitverkoopte Vertonings! Bespreek gou!
“88”
met Rocco de Villiers & Coenie de Villiers
Rocco en Coenie de Villiers se klaviergedrewe vertoning "88" het gehore by die KKNK oorrompel. Die Burger skryf soos volg: "Pure betowering...Die briljante samewerking tussen Coenie en Rocco het musiekliefhebbers opnuut herinner aan die mag van musiek wat die siel en die hart roer."
‘n Klavier het 88 note, maar selfs twéé klaviere op een verhoog is nie genoeg vir die vinnige vingers van hierdie twee Suid-Afrikaanse klavier-legendes nie. Gehore het gevra, en Rocco de Villiers en Coenie de Villiers het geluister. Dié twee Viljees span hulle formidable kragte vir die heel eerste keer in hierdie debuut saam. Hulle word op die verhoog deur Kitaar bygestaan. Die repertoire strek vanaf boeremusiek tot by Bach, vanaf die blues tot by ballades. Daar is ou treffers wat spog met vars vertolkings, nuwe komposisies wat spesifiek vir hierdie produksie geskryf is, en – wag daarvoor! – splinternuwe woordkuns uit die penne van albei kunstenaars. Hulle style is uiteenlopend, maar hulle deel een groot liefde: Die klavier. In die proses skep hierdie musikante ‘n sonderlinge, nuwe klank. “En nee,” lag Coenie. “Ontspan - ek dra nie kortbroek op die verhoog nie!”
Klavier met trots geborg en onderhou deur WS Pianos.
GENRE:
Musiekteater
OUDERDOMSPERK:
Geen – gesinsvriendelik
TEKS & MUSIEK
Rocco de Villiers & Coenie de Villiers
REGIE
Rocco de Villiers & Coenie de Villiers
PRODUKSIEHUIS
CDV Market Ideation Edms(Bpk)
OP DIE VERHOOG
Rocco de Villiers: Klavier en klawers
Coenie de Villiers: Klavier en klawers