No under 16s

INGRID: 'n Vlam in die Sneeu (Terug op Populêre Aanvraag @ Die Centurion Teater)

Fri Sep 12, 19:30 - Sat Sep 13, 17:15

Die Centurion Teater

ABOUT

Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu - Terug op populêre aanvraag.


Na uitverkoopte speelvakke in Gauteng en die Wes-Kaap keer Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu terug na Die Centurion Teater vir nog beperkte vertonings. Daarna maak die produksie haar feessdebuut by Aardklop 2025 on Oktober. Dit is die laaste kans om hierdie produksie in Gauteng te sien vir 'n wyle.


Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu is ’n oorspronklike, nuwe produksie wat die intense en komplekse liefdesverhouding tussen Ingrid Jonker en André P. Brink uitbeeld, gebaseer op hul persoonlike en ongesensuurde briewe aan mekaar. Deur Ingrid se tydlose poësie – met oorspronklike nuwe toonsettings – en gedeeltes uit hul korrespondensie, ontvou die produksie soos ’n musikale en dramatiese reis deur hul passie, hartseer en verlange. Die stuk bied ’n unieke blik op Ingrid se soeke na liefde, haar stryd met depressie en haar onvermoë om te ontsnap uit die donkerte wat haar gevolg het, selfs te midde van haar roekelose hoop. Met musiek, woorde en spel word haar storie lewend gemaak: broos, eerlik en ongenaakbaar. Dit is ’n viering van Ingrid se stem en die nalatenskap van haar woorde wat steeds nuwe geslagte inspireer.


Rolverdeling:

Lizelle Pike as Ingrid Jonker

Chanie Jonker op Klavier


Kreatiewe Span:

Regie: Nadia Beukes

Mede-Regie: Tiaan Kirsten-Lubbe & Lian Sachse

Teks en Nuwe Toonsettings: Jak J. Brits

Musikale Regie en Klavier: Chanie Jonker

Stel- en Kosteumontwerp: Ashleigh Hilton

Ligte-ontwerp: Tiaan Kirsten-Lubbe

Verhoogbestuur: Rix Haji-Loucas


Vertonings by Die Centurion Teater:

12 September 2025 om 19:30

13 September 2025 om 11:00 en 16:00


Resensies en Terugvoer:

“Alles met deernis, pragtig, gevoelvol, outentiek en met passie.”

“Absolutely blown away by the powerhouse performance and the masterful direction. What a privilege to witness such raw talent and storytelling.”

“Te diep en ongelooflik goed aangebied om sommer net ligtelik oor te skryf. ’n Stuk waarvoor jy tyd moet maak om te gaan kyk.”

“Excellent production, outstanding aktrise. What is there to improve after the standing ovation?”

“Ek was absoluut oorweldig deur die krag en emosie van hierdie produksie. Dit bly by jou lank nadat jy die teater verlaat het.”

“’n Meesleurende ervaring — rou, eerlik, diep ontroerend. Dit het my met trane in my oë en ’n swaar hart laat sit, maar ook met hoop.”

“Die spontane, onmiddellike staande toejuiging het alles gesê. Beslis ’n stuk waarvoor jy tyd moet maak om te gaan kyk.”

“’n Kragtige herinnering aan Ingrid Jonker se menslikheid en genialiteit. ’n Storie wat elke Suid-Afrikaner behoort te ken.”

“Dit was briljant. ’n Produksie vol deernis, passie en rou emosie.”

“Ek het die stuk as katarsies ervaar. Jy kan nie help om saam met Ingrid te voel nie — in haar liefde, haar vreugde, haar pyn.”


Belangrike inligting:

Taal: Afrikaans

Duur: Ongeveer 90 minute sonder pouse

Ouderdomsbeperking: Geen onder 16’s

Vervaardig deur: Scenario Productions in samewerking met Die Centurion Teater

Gebaseer op: Vlam in die Sneeu – Die liefdesbriewe tussen Jonker en Brink


Kaartjies: Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Beperkte speelvak.

DIRECTIONS

INGRID: 'n Vlam in die Sneeu (Terug op Populêre Aanvraag @ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions