Musiekteater - 88 MET Rocco de Villiers & Coenie de Villiers
Sat Sep 13, 19:00 - Sat Sep 13, 20:30
NG KERK KOMPLEKS JEFFREYSBAAI
ABOUT
Teater by die See, in samewerking met Jeffreysbaai Toerisme bied aan: 88 met Rocco de Villiers & Coenie de Villiers
’n Klavier het 88 note, maar selfs twéé klaviere op een verhoog is nie genoeg vir die vinnige vingers van hierdie twee Suid-Afrikaanse klavier-legendes nie. Dié twee Viljees span hulle formidabele kragte vir die heel eerste keer saam.Die repertoire strek van boeremusiek tot by Bach, van die blues tot by ballades. Daar is ou treffers wat spog met vars vertolkings, nuwe komposisies wat spesifiek vir hierdie produksie geskryf is, en splinternuwe woordkuns uit die penne van albei kunstenaars.
Rocco en Coenie de Villiers se klaviergedrewe vertoning het gehore by die KKNK oorrompel. Die Burger skryf soos volg: "Pure betowering ... die briljante samewerking tussen Coenie en Rocco het musiekliefhebbers opnuut herinner aan die mag van musiek wat die siel en die hart roer."
Moet dit nie misloop nie. Kry jou kaartjies vandag!
