Family friendly
Trek Lager!
Fri Oct 17, 18:00 - Fri Oct 17, 19:00
Die Khaya
ABOUT
BIERVASVRA
Aangebied deur Penguin Random House
Die algemenekenniskoning en sake joernalis Theunis Strydom se nuwe boek gaan oor die vergete bierbrouer Charles Glass. Kom leer meer oor Charles (en sy vrou, Lisa) se bydrae tot Suid-Afrika se bierkultuur, en neem deel aan ’n vasvra oor bier, brouery en ander fassinerende feite uit Theunis se boek. Dink jy jy weet baie van bier? Kom toets jou kennis en trakteer jou smaakkliere tydens dié bierdeurdrenkte aand uit. Net die regte vermaak vir drinkebroers en dinkebroers, slim susters en dors dollas.