No under 13s

Ont-

Thu Oct 16, 20:00 - Sun Oct 19, 17:45

Spier Ouditorium

ABOUT

Met Wian Taljaard


Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed. Die verteller staan op die drumpel van selfaanvaarding en bevryding, maar moet eers ’n bestekopname doen van die herinneringe uit sy kinderjare en die spoke van sy ouers. Hy lê verskeie grepe soos familiefoto’s voor die gehoor se voete neer en neem hulle op ’n reis van verlies, ontnugtering, identiteit, pyn en vreugde. Ont- is die eerste keer in 2011 opgevoer en het vyf jaar lank plaaslik en internasionaal getoer (in Engels as Undone) en onder meer vier Fiësta-pryse, ’n Woordtrofee en ’n goue Standard Bank Ovation-prys gewen. In dié herbesoek word die verhaal, karakter en fiktiewe herinneringe deur ’n meer volwasse lens bekyk.


Vervaardiger, regisseur en skrywer Wessel Pretorius

Verhoogbestuur en beligting Wicus Louw


OB

SPIER TONEEL: KYK WAT IS NOG OP DIE WOORDFEES-PROGRAM

BESPREEK JOU PENDELDIENS NA WOORDFEES-OPTREDES

DIRECTIONS

Ont-
Spier Ouditorium
R310 Baden Powell Dr, Stellenbosch, 7603, South Africa
Get Directions