Gebou soos Steffi Graf
Fri Oct 17, 09:30 - Sun Oct 19, 11:10
Spier Ouditorium
ABOUT
Met Chris Vorster
Ná al die vreesaanjaende berigte oor Wilgenhof het ek angs en trauma uit my jare in Die Plek probeer onthou, maar ál wat my geheue kon baasraak, was flitse van fantastiese partytjies. En dan verál die naweek saam met Steffi... natuurlik nie die regte Steffi Graf nie, daarvoor was my tennis te swak. Ek was aspris onbewus van die wêreld buite die Bos, want vir my het alles ín die Bos gedraai om braaivleis, rugby, sonskyn en Wilgenhof. Wenner van twee Vryskitter-toekennings by die 2025 Vrystaat Kunstefees.
Skrywers Chris en Liza Vorster
Regisseurs Chris Vorster, Marion Holm
Verhoogbestuurder Thys Heydenrych
’n Vrystaat Kunstefees-produksie, moontlik gemaak deur NATi
Geen o.13 (T)