Woordedief
Sun Oct 12, 15:30 - Wed Oct 15, 12:00
HMS Bloemhof Sentrum
ABOUT
Met Mia van der Merwe, Wian Taljaard, Kerscha Titus, Eldon van der Merwe
Woordedief is ’n stoute kalant wat jaloers is op almal wat kan lees. Hy probeer woorde, stories, letters, sinne en sommer enige los gedagtes steel, natuurlik tot groot ontsteltenis van kinders wat wil leer lees, spel en skryf met die hulp van NB-uitgewers se voorgeskrewe boekies vir jong lesers. Hier wag lekker opvoedkundige pret vir die grondslagfase met koddige karakters en musiek wat kleintjies se tone sal laat krul.
Regisseur en skrywer Margit Meyer-Rödenbeck
Lirieke Margit Meyer-Rödenbeck, Luca Human
Musiekregisseur, verwerking en klankontwerp Coenraad Rall
Stelontwerp Gerrit Snyman
Kostuums Mariska Meyer
Choreografie Carlia Greyling
Verhoogbestuurder Wicus Louw
Moontlik gemaak deur NB Uitgewers en Suidoosterfees