Family friendly

Wisselwerk

Tue Oct 14, 14:30 - Tue Oct 14, 15:30

EasyEquities Skrywerskamer

ABOUT

Aangebied deur Queillerie


Die wisselwerking tussen die boekbedryf en die teaterwêreld het al gesorg vir baanbrekerswerk op die verhoog. Vanjaar strek die pyplyn egter ook in die ander rigting met die verskyning van Willem Anker se novelle Patmos, wat die lewe as teaterteks begin het. Kabous Meiring praat met Breytenbach Poësiepryswenner Danie Marais (Ek en jy bestaan nie / Ek is nie Danie), die Nagtegaal tekspryswenner Dianne du Toit Albertze (Huis van sand), die digter Jolyn Phillips (teksskrywer van Kompoun) en Ingrid Winterbach (Moedswil en muitery) oor die unieke uitdagings van skryf vir die verhoog, hoe dit verskil van boekskryf, en hoe die twee praktyke mekaar aanvul en wederkerig voed.

SKRYWERSFEES: KYK WAT IS NOG OP DIE WOORDFEES-PROGRAM

BESPREEK JOU PENDELDIENS NA WOORDFEES-OPTREDES

DIRECTIONS

Wisselwerk
EasyEquities Skrywerskamer
39 Ryneveld St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600, South Africa
Get Directions