No under 18s

Tollie Parton: Hoofseun

Sat Oct 18, 20:00 - Sat Oct 18, 21:10

HMS Bloemhof Sentrum

ABOUT

Met Wynand Kotze


Hoofseun is ’n hoogs aansteeklike, komiese, semi-aanstootlike kykie na wat dit werklik beteken om as ’n drag queen deur ’n klein Afrikaanse dorpie se verwagtinge in die gesig gestaar te word. Wynand Kotze, voormalige hoofseun van die Hoërskool Vanrhynsdorp, is nou ’n fopdosser met die naam Tollie Parton. Hoe gebeur so iets? En die grootste vraag: Hoekom bly mense dink sy is Casper de Vries met (groter) pramme? Hoofseun is propvol persoonlike stories oor haar dae as hoofseun, haar familie, en haar ervarings binne die Afrikaner-gemeenskap. Van hoofseun tot hoofmeisie… hier kom vet pret! Skuus. ’n Mens mag nie meer vet sê nie. Die pret het ’n growwe beenstruktuur.


Medeskrywer Anne Hirsch

Musiek Loki Rothman


Geen o.18 (T, V)

SPIER TONEEL: KYK WAT IS NOG OP DIE WOORDFEES-PROGRAM

BESPREEK JOU PENDELDIENS NA WOORDFEES-OPTREDES

DIRECTIONS

Tollie Parton: Hoofseun
HMS Bloemhof Sentrum
Koch Rd, Krigeville, Stellenbosch, 7600
Get Directions