Seun
Tue Oct 14, 15:00 - Sun Oct 19, 11:15
Idasvallei Primêr
ABOUT
Met Wilhelm van der Walt
Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervarings in die 1980’s. Dit is die tyd van P.W. Botha se vinger, die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelings en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Dié rou, selfonthullende memoires vra: Hoe word ’n seun ’n man? ’n Seun wat nie ’n meisie se aandag kan trek nie? ’n Seun wat nie goed genoeg is vir die weermag nie? Seun is ’n aangrypende relaas oor grootword tydens die doodsnikke van ’n politieke stelsel, oor manlikheid en oor eer, en oor die liefde wat uiteindelik alles oorkom.
Vervaardiger Leftfoot Theatre Productions, Innibos
Regisseur Nico Scheepers
Verwerker Johann Smith, gegrond op Dana Snyman se boek
Oorspronklike musiek Kate Borthwick
Verhoogbestuur Jean du Plessis
Moontlik gemaak deur NATi en Innibos