No under 16s

Boklied

Sat Oct 11, 16:00 - Sun Oct 19, 12:30

Open Window Filmstudio

ABOUT

Met De Klerk Oelofse, David Viviers, Obed de Koker, Ntombi Makhutshi, Wian Taljaard, Keagon Cochrane, Hannah Borthwick, Jurgen McEwan, Ben Albertyn


’n Aantal ietwat verloopte toneelspelers kom bymekaar in ’n tyd van krisis in ’n geslote ruimte – ’n gestig, ongebruikte saal of dalk net ’n gevangenis. Weg van die sogenaamde “normaliteit” daar buite besin hulle oor liefde, lewe en dood. Saam, onder ’n wolk van politieke realiteit in ’n tyd van onafwendbare verandering, speel die hand vol digters ’n oorlewingsritueel uit in die tradisie van die eerste Griekse dramas, of “Bokliedere”. Soos in Aristophanes se komedie Die voëls onderhandel die lotjie ’n moontlike toekoms onder ’n nuwe orde, maar rituele verg bloed, ’n skerp mes en ’n sondebok… Boklied is die digter Breyten Breytenbach se opspraakwekkende eerste drama. Dig. Omvattend. Skreiend. Snaaks. Oorweldigend.


Regie en ontwerp Marthinus Basson

Skrywer Breyten Breytenbach

Beligtingsontwerp en verhoogbestuur Nicolaas de Jongh

Musiek David Wolfswinkel

Produksiebestuurder Frankie van Straten


’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie, ondersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds, NATi, Festival Enterprise Catalyst (FEC) in samewerking met die Jobs Fund


Geen o.16 (N, D, T, S)

SPIER TONEEL: KYK WAT IS NOG OP DIE WOORDFEES-PROGRAM

BESPREEK JOU PENDELDIENS NA WOORDFEES-OPTREDES

DIRECTIONS

Boklied
Open Window Filmstudio
Distillery Rd, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600, South Africa
Get Directions