Nic de Jager: In my eie woorde
Mon Oct 13, 15:00 - Tue Oct 14, 11:10
Drostdy-teater
ABOUT
Met Nic de Jager, Coenie de Villiers (aanbieder)
Nic de Jager, die aanbieder van die geliefde radioprogram Nic se goed, gesels weer oor sy ánder goed. In dié eenmalige aanbieding lig Frederik Nicolaas de Jager ná bykans 85 jaar die sluier en praat sélf oor sy liefdes, ervarings, teleurstellings en suksesse. Hy is ’n verteller soos min en ’n stylvolle raconteur wat nie skroom om die kollig hierdie keer op homself te rig nie. Die grepe uit sy lewe is onthutsend eerlik en terselfdertyd diep roerend. Dis Nic de Jager op sy beste: eerlik, spitsvondig en wel ter tale – met ’n sak wonderlike stories op die koop toe.
Musiek Coenie de Villiers
Vervaardiger Tale Be Told Productions
Regisseur Ingrid Howard
Beligtings- en projeksieontwerp Loui Griebenouw