Kompoun
Thu Oct 16, 11:00 - Sun Oct 19, 14:10
Adam Small-laboratorium (B)
ABOUT
Met Melissa de Vries, Angelo Bergh
In dié verhoogverwerking van Ronelda Kamfer se roman word die aangrypende verhaal van die McKinney-familie van Groenplaas deur twee kleinkinders, Nadia en Xavie, vertel. Temas soos onskuld, deursettingsvermoë en familievetes word verken binne die ongenaakbare Suid-Afrikaanse konteks. Die stuk word in ’n “sirkel” aangebied met ’n plaashek wat die gehoor toegang gee tot die innerlike én eksterne faktore wat die karakters se lewe beïnvloed asook hulle keuse om uit hul chaotiese bestaan te ontsnap. Die vervlegting van persoonlike ervarings en kulturele nuanses belig die skoonheid en kompleksiteit van Afrikaaps.
Vervaardiger BOSSIKOP Productions
Regisseur en stelontwerp Lee-Ann van Rooi
Verwerker Jolyn Phillips, gegrond op Ronelda Kamfer se roman
Beligtingsontwerp Alfred Rietmann
Verhoogbestuur Seth Cloete
’n Ko-produksie van Suidoosterfees, Toyota Stellenbosch Woordfees en KKNK; ondersteun deur NATi en Het Jan Marais Nationale Fonds
Geen o.16 (G, T)