No under 16s

Annie+Helen

Sat Oct 11, 09:30 - Sun Oct 19, 12:10

Adam Small Auditorium

ABOUT

Met Cintaine Schutte, Stian Bam, Judi Hattingh, Bianca Flanders, Eldon van der Merwe


In 1887 ontmoet Annie Sullivan en Helen Keller mekaar – ’n ontmoeting wat hul lewens onherroeplik verander. Die 25-jarige Annie voel soos ’n gebroke legkaart, verkeerd aanmekaargesit, terwyl die 12-jarige Helen vasgevang is in ’n donker limbo – sonder die vermoë om te sien, hoor of praat. Wat volg, is ’n intense en roerende oorlog tussen twee gebroke mense. Dit is ’n stryd wat ontvou in veldslae rondom die eetkamertafel, kopskermutselings in gebaretaal; ’n oorlog om beide Annie en Helen se oorlewing. In ’n wêreld waar trauma al hoe meer verwater en alledaags voorkom, bring hierdie storie van twee formidabele vroue – en die mense wat hulle omring – ons tot stilstand. Dit dwing ons om na te dink oor die lesse wat trauma ons leer en die ongelooflike veerkragtigheid wat uit daardie lesse spruit. Hattingh is vereer met ’n Kanna-prys vir haar rol as Helen.


Regisseur en skrywer Hennie van Greunen

Vervaardiger Pedro Kruger

Stelontwerp Rocco Pool

Kostuums Rouvé Hattingh

Musiek Franco Prinsloo

Verhoogbestuur Dhania Schultz

Tekeninge Corli de Kock


Aangebied deur Wordsmith’s Theatre Factory in samewerking met Curro Create


Geen o.16 (G, T)

SPIER TONEEL: KYK WAT IS NOG OP DIE WOORDFEES-PROGRAM

BESPREEK JOU PENDELDIENS NA WOORDFEES-OPTREDES

DIRECTIONS

Annie+Helen
Adam Small Auditorium
15 Victoria St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600
Get Directions