Family friendly

Ricus Nel & Appel

Fri Oct 3, 19:00 - Fri Oct 3, 22:00

EnGedi

ABOUT

Ricus Nel en Appel, twee legendes in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf saam op een

verhoog – wat n kombinasie vir die vertoning van die jaar!

Ricus – die sanger, liedjie skrywer en TV persoonlikheid met die diep country stem en

daarby die gawe om 14 musiekinstrumente te kan speel. Daar is nie n liedjie wat Ricus sing

wat nie in n treffer omskep word nie. Daar word gereken dat hy tans die gewildste musiek

kunstenaar in die bedryf is. Van sy vroee country songs tot die era van boerepompie,

bokkies jag, en vele treffers daarna is Ricus in aanvraag soos nog nooit te vore nie. Wat hom

egter nog meer gewild maak is sy huidige TV-reeks “Twakpraat” in sameweking met

Hamilton (Hammie) Wessels.

Appel – ook die sanger, liedjie skrywer en TV persoonlikheid wat die afgelope dekade n

prominente plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf verower het. Sy loopbaan is gemerk

deur diep gewortelde treffers en het sy gewildheid by die dag toegeneem. Liedjies soos “Lei

my na die water” en “Boer loop deur my are” het hom die gewildheid gegee wat hy tans

beleef. Soos Ricus het Appel ook sy eie TV- Reeks “Grondpad” wat sy gewildheid nog n

verdere hupstoot gee.

Kom geniet n aand vol pret, saamsing en lag saam met die twee unieke legendes – n aand

wat jy nie kan mis nie!!

Beperkte kaartjies beskikbaar – bespreek nou jou sitplek of n tafel van 10. Sien julle daar!


Daar gaan kos en drinkgoed te koop word. Vertoning begin om 19:00 en hekke maak om 18:00 oop. Veilige parkering. Kaart fasiliteite is beskikbaar.

DIRECTIONS

Ricus Nel & Appel
EnGedi
Get Directions