Jay & Ruhan du Toit
Fri Sep 26, 19:00 - Fri Sep 26, 23:00
EnGedi
ABOUT
Kom geniet 'n "Heeltyd Speeltyd" aand saam met van die beste legendes in die Afrikaanse musiekbedryf. Ruhan en Jay is bekend daarvoor om jou energie onmiddelik te lig en jou danspassies te laat uitvoer wat jy self nie geweet het is moontlik nie
Oud, jonk en families, koop jou kaartjie en kom vul die venue (daar is ook kaartjies vir 'n tafel van 10 persone beskikbaar) - Die "vibe" gaan uit die boeke wees, met 'n atmosfeer van plaas soos jy dit nog nie beleef het nie! Moenie dit misloop nie, soos Ricus Nel sing... "Spyt kom altyd te laat"
Die lekkerste kos gaan beskikbaar wees op die aand, tesame met koue lemoenadetjies - net die ding na 'n stresvolle week by die kantoor!
Vertoning skop 19:00 af eet en drinkgoed sal vooraf en gedurende die vertoning te koop wees.
Sien julle daar!