8 Augustus om 19:00 tot 21:00 & 9 Augustus om 15:00 tot 17:00

Jo Black

Fri Aug 8, 19:00 - Sat Aug 9, 17:00

Impetus Gemeente

ABOUT

Impetus bring vir Jo Black en sy orkes Gqeberha toe!

Daar gaan twee vertonings wees op Vrydag, 8 Augustus, om 19:00 asook Saterdag, 9 Augustus, om 15:00.


Jo Black is ‘n sanger met ‘n passie vir mense. Bekend vir sy groot baard en diep stem, het hy ‘n huishoudelike naam geword wat ‘n passievolle, outentieke en rou uitvoering van inspirerende liedjies in ‘n toeganklike rockstyl lewer. Met ‘n reputasie as Suid-Afrika se hipster met die groot hart het hy bekend geword, nie net vir sy musiektalent nie, maar ook vir sy toewyding om ander te inspireer en op te hef.


‘n Trots Suid-Afrikaanse musikant wie se lirieke die gewig van positiewe waardes dra, en ander uitdaag om beter weergawes van hulself te wees. Sy musiek en stories resoneer met jonk en oud, en die impak strek ver buite die grense van die musiekbedryf. Hierdie persoonlikheid het die harte van miljoene verower met sy aansteeklike energie en opregte warmte.


Sy leuse is om almal soos iemand te laat voel, want niemand verdien om soos ‘n niemand te voel nie.


Ten spyte van 3 albums wat onderskeidelik goud, platinum en multi-platinum status bereik het, is Jo ook bekroon met onder andere SAMA, Woordfees, verskeie Ghoema-, Tempo- en Aitsa-toekennings.


Hy sing van skepe en hoop, en tussen-deur die liedjies vertel hy stories wat mens net weer herinner, “dat dit alles net genade is”.


DIRECTIONS

Jo Black
Impetus Gemeente
29 Circular Dr, Overbaakens, Port Elizabeth, 6070
Get Directions