Family friendly

Nuwe Begin

Sun Jun 22, 15:00 - Sun Jun 22, 16:30

Lemonjack Studios

ABOUT


Paul Olivier, opera tenoor, maak sy Suid-Afrikaanse debuut met sy terugkeur uit Spanje. Terwyl Paul vele jare in klassieke en opera kore gesing het, begin hy ses jaar gelede studeer by die Barcelona maestro Josep Viader.


Alle liefhebbers van sang is welkom, aangesien 'n voorleser met elke aria 'n verduideliking sal gee van die agtergrond, musikale konteks en tegniese aspekte van die aria.


Sedert verlede jaar is Paul weer permanent terug in Suid-Afrika. Gelouter deur sy Spaanse ervaringe, is hierdie 'n konsert wat in die hartjie van die winter wil spreek van nuwe dinge, van weer begin, aan die hand van top opera gehalte.


Kom luister na Verdi, Puccini, Leoncavallo, Bizet, Stradella, Lalo, Von Flotow en Giordano, onder andere. Die werke spreek van liefde, vergifnis, hartstog en heimwee, maar ook hoop. Die nag is tog op sy donkerste kort voor dagbreek.


Paul word begelei deur Betsie Schaap op klavier.


Neem kennis dat alhoewel die konsert in Afrikaans aangebied word, daar 'n Engelse transkripsie beskikbaar sal wees op aanvraag.


Caro Mio Ben (Giordani)

Pieta Signore (Stradella)

Vainnement, Ma Bien Aimée (from Le Roi d'Ys, by Lalo)

La Fleur Que Tu M'Avais Jetée (from Carmen, by Bizet)

Ach, So Fromm (from Martha, by Von Flotow)

Amor Ti Vieta (from Fedora, by Giordano)

Son Fra Voi (Riccardo's Cavatina) (from Oberto, by Verdi)

La Mia Letizia Infondere (from I Lombardi, by Verdi)

Ch'ella Mi Creda (from La Fanciulla del West, by Puccini)

Vesti La Giubba (from I Pagliacci, by Leoncavallo)

DIRECTIONS

Nuwe Begin
Lemonjack Studios
Get Directions