Die Vyftigers – ’n Viering van Taal, Tyd en Toon

Fri Jul 11, 17:00 - Fri Jul 11, 23:00

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

ABOUT

Die Vyftigers – ’n Viering van Taal, Tyd en Toon

11 Julie 2025 | Daisy Jones Bar, Stellenbosch

Deure open 17:00 | Vertoning begin 20:00


Hierdie jaar is Afrikaans amptelik 100 jaar oud. Maar weet jy wat nog? Daar’s ’n klomp talentvolle manne wat in 2025 hul eie 50 jaar om die son vier — presies die helfte so oud soos ons geliefde Moedertaal. En wie is hulle?

Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen en Abel Kraamsaal — vier kunstenaars, vier stories, een verhoog. Hulle skryf, speel en leef Afrikaans soos min, en nou is hulle saam op een verhoog vir ’n aand van rou, eerlike musiek en viering. Noem dit ’n bietjie sinmaak van die laaste 100 jaar van taal en die laaste 50 jaar van lewe — alles in een aand, een plek, en in een kragtige, kreatiewe taal: Afrikaans.


Die Vyftigers het reeds gehore bekoor tydens die Kalfiefees Bekendstellingsseremonie, en dié opvoering belowe om net so besonder te wees — met melodie, ritme, lag en liriek wat lank ná die laaste noot sal bly hang.


Sittende vertoning binne.

Vir tafelbesprekings, WhatsApp: 064 968 2015

**Neem asseblief kennis: Daar is tafeldeling – dit beteken as jy ’n tafel vir 4 bespreek en iemand anders bespreek ’n tafel vir 2, sal julle saam aan ’n tafel van 6 geplaas word. Dit bevorder geselligheid, en ons lokaal is eenvoudig só ingerig.


Moenie hierdie een misloop nie.

Kom vier, onthou, luister en leef saam op 11 Julie by Daisy Jones Bar, Stellenbosch.

DIRECTIONS

Die Vyftigers – ’n Viering van Taal, Tyd en Toon
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
33°52'57. 18°50'49, 6 8th Ave, Stellenbosch, 7615
Get Directions