RAAF @ Graaff-Reinet, The Coldstream Restaurant, Vadersdag Vertoning
Sun Jun 15, 13:30 - Sun Jun 15, 18:00
Coldstream Restaurant Graaff-Reinet
ABOUT
Vier hierdie Vadersdag op ’n onvergeetlike manier saam met jou geliefdes, goeie kos, uitstekende wyn en die sielvolle musiek van RAAF!
Wat is nou beter as ’n sonnige Sondagmiddag in Graaff-Reinet, saam met die mense wat vir jou die meeste beteken? RAAF bring hulle unieke kombinasie van musiek, poësie en stories!
Raafontuur Wyn, RAAF se tweede oesjaar, sal beskikbaar wees vir aankoop – perfek om die middag nóg meer spesiaal te maak.
?? Bring die hele familie saam vir ’n dag vol warmte, musiek en herinneringe!
Kaartjies:
- Volwassenes: R200
- Kinders onder 18 jaar: R100
- Kinders onder 12 jaar: GRATIS
Moet dit nie misloop nie – kom vier die wonder van vaderskap met ’n vertoning wat die hart tref.
Tyd: Deure open 12:00 | Vertoning begin 13:30
RAAF – musiek vir die siel.