Die Real Housewife - met Lizz Meiring (Komedie @ Die Centurion Teater)
Fri Jun 13, 19:30 - Fri Jun 13, 20:45
Die Centurion Teater
ABOUT
Die Real Housewife - met Lizz Meiring!
‘n Splinternuwe solostuk vir 2025 - geskryf en opgevoer deur Lizz Meiring
Vervaardig deur Artist Warehouse
Die kykerspubliek het vasgenael gesit toe die tv program uitgesaai is. Meeste mense kon nie glo wat hulle sien nie. Maar wie is nou eintlik die ware - die “ real “ housewife?”
In “ Die Real Housewife “ skep Lizz Meiring so ‘n fiktiewe karakter. Sy is die een wat haarself as die enigste ware voorbeeld van die glansgans trop beskou.
In die splinternuwe solostuk deur Lizz Meiring, gaan jy heerlik lag, kopskud, en dalk net iets van jouself of ‘n ander vrou na aan jou, herken. Hier word oor alles en wat kommentaar gelewer en ook vlymskerp die draak gesteek met die era van “ realiteits-tv sterre”.
Die verrassend, eietyds , warmhartig en baie vermaaklik!