No under 18s

MeetAdam(s) Tue 20 May 2025

Tue May 20, 18:30 - Tue May 20, 21:00

Familiér, Annadale Wines, Stellenbosch

ABOUT

Kom praat saam oor hoe gesonde manlikheid lyk!

Manne van vandag is gereeld gespanne, geïrriteerd, gefrustreerd, ongelukkig, onseker of eensaam.

Mans het baie keer ook nie 'n ruimte waar hulle dit openlik kan erken en bespreek met ander mans nie.

Wat beteken dit om 'n man te wees in hierdie tyd? Is ek mans genoeg? Wat word van mans verwag? Waar behoort ek? Hoe moet ek opdaag in die lewe?

Ons baie informele maandelikse manne-aande skep hierdie ruimte waar mans hierdie vrae kan verken.


Onderwerp: Om gerig te lewe - in gesprek met Werner Cloete (CEO van Calling Education https://www.callingeducation.org.za/stellenbosch/leadership-team-stellenbosch/) oor 'n lewe gerig deur "roeping".


Ete en wyn ingesluit - kontantkroeg beskikbaar vir die res.


Familiér, Annandale Wines, Annandale Rd, Lynedoch, Stellenbosch, 7603

Dinsdag 20 Mei 2025

18:30 - 21:00


Deel gerus hierdie uitnodiging met ander mans wat ook mag baat by 'n boys' night met gewig!


Hoop om jou daar te sien, Adam!


Chris van den Berg

062 342 9746

DIRECTIONS

MeetAdam(s) Tue 20 May 2025
Familiér, Annadale Wines, Stellenbosch
Get Directions