Netwerk24 en Die Burger se Wynfees

Sat May 24, 11:00 - Sat May 24, 17:00

Meerendal Wine Estate

ABOUT

Ons wil die glase klink en jy is uitgenooi!


Kom geniet op 24 Mei die goue seisoen in die Kaap saam met Netwerk24 en Die Burger, in samewerking met hul vennoot Meerendal, en altesaam 21 van die Kaapse Wynland se voorste wynlandgoedere!


Kom proe heerlike wyne uit die Wes-Kaap se wêreldbekende wynstreke – alles onder een dak op die prentjiemooi wynlandgoed Meerendal. Kaartjies kos R350 per persoon en sluit ’n wynglas in, sowel as die geleentheid om al die uitstallers se wyne te proe. Daar sal ook wyn verkoop word om gedurende die dag op die grasperk te geniet – of om huis toe te neem.


Die volgende produsente sal op die dag hul wyne ten toon stel: Eagle’s Cliff, Koelenhof, Wilderer Distilleries, Holden Manz, Flagstone, Villion Family Wines, Anura Vineyards, Bellevue, Du Toitskloof Wines, De Krans, Kleine Zalze, Visio Vintners, Meerendal, Wildeberg, De Grendel, Thor Vintners, Meerhof, Vergelegen, Durbanville Hills, Rietvallei, Bonnievale Wines en Sauvignon Blanc Suid-Afrika.


Daarbenewens sal daar ook 'n paar lekker gelukstrekkings op die dag wees. Kom kuier saam en klink 'n glas op herfs in die Kaap, sowel as al die bobaas-wyne wat vanuit hierdie streek kom.


Ons hoop ons sien jou daar!


Wat moet jy weet?


Wanneer: Saterdag, 24 Mei 2025


Tyd: 11:00 tot 17:00


Waar: Meerendal-wynlandgoed, Durbanville


Koste: R350 per persoon


Meer inligting: Stuur e-pos aan [email protected]

DIRECTIONS

Netwerk24 en Die Burger se Wynfees
Meerendal Wine Estate
Get Directions