Lizz Meiring - Die "Real Housewife"
Sat Sep 20, 10:00 - Sat Sep 20, 13:00
65 Kameeldoring Ave
ABOUT
Die “Real Housewife”
‘n Solostuk: geskryf en opgevoer deur Lizz Meiring
Kom ontmoet die enigste regte, onmiskenbare voorbeeld van die glansgans sosiale kring. Sy is die “real deal” volgens haar eie standaarde - die tipe vrou wat
met oorgawe in haar Dolce & Gabbanaskoene stap, asof sy met elke tree by ‘n luukse modeskou is. Kom lag saam, skud jou kop van verbasing en ervaar hoe
daar die spot gedryf word met die “realiteit TV” sterre.
Lizz kry dit reg om met vlymskerp humor, nie net ‘n ligte prentjie van die wêreld van realitiets-TV te skep nie, maar ook met warmhartigheid en styl die draak te steek met hoe ons, as samelewing, die glansgans vrouens van die wêreld verheerlik. Die vertoning sal jou nie net aan die lag kry nie, maar jou ook ‘n bietjie laat nadink oor die idees van “realiteit” en identiteit, alles op ‘n verrassend vermaaklike manier.