MERKERS: 'n Musiek- en woordreis (Musiek @ Die Centurion Teater)
Wed Jun 4, 19:30 - Wed Jun 4, 21:00
Die Centurion Teater
ABOUT
MERKERS
’n Unieke musiek- en woordreis deur die werke van legendariese kunstenaars soos Koos du Plessis, Ingrid Jonker, Lucas Maree, David Kramer en meer – nuut vertolk en diep gevoel.
Moenie hierdie eenmalige geleentheid misloop nie! Ná die uitverkoopte seisoenopening by die FAK/VTM Kunsgalery, kry die publiek vir die eerste keer die kans om MERKERS op die verhoog te beleef – 'n produksie wat harte raak, herinneringe wakker maak, en jou op 'n musiek- en poësiereis neem soos min.
Onder leiding van Sallas de Jager (Klopjag) en met 'n sterspan musici en akteurs, bring MERKERS hulde aan woorde en musiek wat blywend indrukke gemaak het. Hierdie unieke produksie verbind jou aan kunstenaars soos Koos du Plessis, Ingrid Jonker, Lucas Maree, David Kramer, Johannes Kerkorrel en meer – alles opnuut verwerk en vertolk.
Met musiek deur Rejeanne Kruger, Charmilé Strauss, Sallas de Jager en Xander Koekemoer, en voordrag deur Christo Beer en Kirstin Naudé, is hierdie ‘n aand van sielsroerende kuns wat jy nie wil mis nie.
Met:
Sallas de Jager (Regie, Kitaar, Stem)
Rejeanne Kruger (Klavier)
Charmilé Strauss (Viool en Stem)
Xander Koekemoer (Saksofoon)
Christo Beer & Kirstin Naudé (Voordrag)