SARIE Kersfeesetes 2025 aangebied deur TODAY

Wed Nov 19, 19:00 - Sun Nov 23, 17:00

Nasdak Rooftop Venue, Media24-sentrum

ABOUT

*SARIE KERSFEESETES 2025 IS UITVERKOOP*


Merk nóú jou kalender vir ’n sprankelende SARIE Kersfeesete saam met vriende, familie, of albei – en weet: jy skop die feesseisoen reg af.


Kersfees vang ’n mens mos altyd onverwags – jy haal net jou somerklere uit, dan gaan die liggies al op in die winkelsentrums. Wees vanjaar deel van dié wat vooruit beplan, en bespreek solank jou plek vir ’n spesiale geleentheid met vriende of familie. Dis die ideale manier om moeiteloos en in styl seker te maak jy maak tyd vir die belangrike mense in jou lewe voor die malligheid van Desember jou werklik tref. Maar maak die besluit gou – want daar is beperkte plek, en ons Kersfeesetes is al so gewild dat die kaartjies vlieg.


Vanjaar se Kersfeesetes beloof boonop om ekstra spesiaal te wees, met Today, SA Pork, Sparta Beef, Fairview, Biggi Popcorn, Woolworths, ICA, Robertson Winery en Biscoff almal daar om net die lekkerste produkte aan ons spesiale lesers te bedien.


Bespreek nou jou fees!


Woe 19 Nov om 19:00

Don 20 Nov om 19:00

Vry 21 Nov om 19:00 (Uitverkoop)

Sat 22 Nov om 18:00 (Uitverkoop)

Son 23 Nov om 13:00 (Uitverkoop)

Kaartjies: R850 per persoon.


Moenie hierdie kans misloop nie – maak dit ook deel van jóú feeskalender. Bring ’n vriendin, jou vriendinne of familie en kom vier Kersfees saam met ons.


INGESLUIT BY DIE KERSFEESETE-ERVARING

-           Drankies van Robertson Winery

-           ’n Vyfgangfeesmaal PLUS al die resepte

-           ’n Geskenkpak vol bederwe van die borge en SARIE

-           ’n Aand se samesyn saam met vriende en familie


Kontantkroeg vir hardehout beskikbaar.

DATUMS

Woensdag 19 November 19:00 (Uitverkoop)

Donderdag 20 November 19:00 (Uitverkoop)

Vrydag 21 November 19:00 (Uitverkoop)

Saterdag 22 November 18:00 (Uitverkoop)

Sondag 23 November 13:00 (Uitverkoop)


BESPREKINGS EN NAVRAE

Bespreek jou plek, en indien jy enige navrae het, kontak [email protected].


TAFELS

Ons bou tafels rondom jou bespreking. Jy moet dus vir al jou gaste op een slag betaal sodat ons weet hoeveel mense om ’n tafel sit. Die tafel sal onder jou naam bespreek wees.

Sien jou daar!

DIRECTIONS

SARIE Kersfeesetes 2025 aangebied deur TODAY
Nasdak Rooftop Venue, Media24-sentrum
40 Heerengracht St, Cape Town City Centre, Cape Town, 8000
Get Directions