ZAABFEES 2025
Sun Apr 27, 12:00 - Sun Apr 27, 23:00
ZaabStad
ABOUT
ZAABFEES 2025 – HOOGTYD VIR CHAOS!
Sondag, 27 April
Zaahbstad, Hartebeespoort
Deure oop: 12:00 | Eerste klankgolf: 13:00
KOM IN, KOM ONTSPAN, KOM SKIET VIR DIE STERRE!
ZAABFEES is nie net ‘n festival nie – dis ‘n state of mind.
Dis vir die vryes, die dromers, die rebel-geeste wat weet hoe om ‘n dag van vuur en vibes aanmekaar te skommel.
Hierdie is die plek waar musiek vloei soos ‘n slow-burn blunt, waar bome luister, en waar die bas deur jou borskas pomp soos ‘n tweede hartklop.
Hierso is jy welkom – bring jou beste energie, jou diepste lirieke en jou wildste dans-moves.
?? LINE-UP :
13:00 - 13:45 – Fabel
14:00 - 14:45 – Dierbaar
15:00 - 15:45 – Lisa
16:00 - 16:45 – Kerkstraat
17:00 - 17:45 – Hendriek Bleik
18:00 - 18:45 – SOSSI
19:00 - 19:45 – Die Doodsvonnis
20:00 - 20:45 – Schmat
21:00 - 21:45 – BCOM
22:00 - 22:45 – Kaarte Blaansje
22:45 - 23:30 - Die Fakboiz
23:30 - 00:15 – Yung Pierewiet
WEED-FRIENDLY VIBES
Ons vier musiek, vryheid en groen inspirasie. Rol jou beste, chill jou diepste, en laat die klanke jou vat waar jy moet wees.
Maar onthou: respek is sleutel – deel jou vibe, nie jou slegte energie nie.
Hierdie fees is vir die legendes, die dromers, die vryes – en dis vir JOU!
Afrikalt & Zaahbstad – vir die kultuur, vir die klank, vir die hoogtes!
GEEN ONDER 18’s – GEEN KAK NIE!
ZAABFEES is vir legit mense wat weet hoe om ‘n vibe te hanteer. Dis ‘n safe space vir musiek, vryheid en groen inspirasie, so ken die reëls en hou dit cool:
GEEN ONDER 18’s – Hierdie is ‘n strictly 18+ event. Geen fake ID’s, geen kansvatters. Bring ‘n geldige ID, rybewys of paspoort – ons check dit by die deur.
WEED-FRIENDLY, MAAR RESPEK IS BELANGRIK – Rol, rook en ontspan, maar hou dit chill en wees ‘n mens. Moenie op ander trip as hulle nie wil nie, en moenie 'n nuisance wees nie.
GEEN Dwelms of Onwettige Stowwe – Hou dit groen en clean. Zero tolerance vir enige harde goed. As jy met kak vang, jy’s uit – zero drama, zero exceptions.
REG VAN TOELATING VOORBEHOU – As jy moeilikheid maak, ander mense onveilig laat voel, of net ‘n doos is, jy’s uit. Dis ‘n fees, nie ‘n fight club nie.
Deur ‘n kaartjie te koop en in te stap, stem jy in om ‘n deel van ‘n vibe te wees – nie ‘n buzzkill nie.
Kom geniet dit, bring goeie energie, en wees deel van iets groter!