Kultura-fees: Marion Holm in Marion Monroe

Sat Jun 21, 10:00 - Sat Jun 21, 11:30

Curro Durbanville High School

ABOUT

Marion Holm in Marion Monroe


Venue: Curro Durbanville High School Theatre

Time: 10:00

Cost: R220 per person

Duration: 70 minutes

Age restriction: None

 

Marion Holm is al 'n gunsteling by Suid Afrikaanse gehore vir jare. Haar nuutste eenvrouvertoning, Marion Monroe, is by Aardklop benoem as Beste Nuutgeskrewe Afrikaanse Teks en het by Woordfees uitverkoop. Maar waaroor gaan MARION MONROE?


“What's in a name? That which we call a rose by any other name would smell just as sweet.” Aldus Shakespeare. So is Marion Holm steeds Marion Holm al noem mense haar Nicole Holm? Bly Marion 'n vrou al noem mense haar meneer? Wat maak Marion Marion? Wat maak jou jy? Is dit jou naam? Maar wat dan van mense wat hulle name verander? Of is dit hoe jy lyk - maar wat as jou plastiese chirurgie jou op die ou einde soos iemand heeltemal anders laat lyk? Of word jy so gebore? Of is dit hoe jou ma jou geleer het? Maar hoekom verskil kinders van dieselfde ma en pa dan so baie? En dis waaroor MARION MONROE gaan.


Holm vertel weer stories met haar tipiese Holm eerlikheid en heerlikheid om haar punt oor te dra. Daar is 'n paar nuwe karakter, maar ou bekendes soos Nakkie by steeds deel van Holm se sketse.

 

WAARSKUWING: Dit is nie ’n tragedie nie, net ’n komedie.


DIRECTIONS

Kultura-fees: Marion Holm in Marion Monroe
Curro Durbanville High School
2 Akademia Ave, Cape Farms, Cape Town
Get Directions