No under 18s

KALTFEES (JHB)

Sat Apr 26, 12:00 - Sun Apr 27, 02:00

Tweefontein Melkery

ABOUT

KALTFEST JHB 2025


Datum: Saterdag, 26 April


Venue: Tweefontein Melkery, Johannesburg


Deure oop: 12:00 | Eerste act: 13:30


KAARTJIES:

R150 – Aanlyn vooraf

R300 – Kamp & kaartjie

R250 – By die deur (as jy laf genoeg is om te wag)


JOHANNESBURG, MAAK REG VIR DIE KALT!

Hierdie is nie net ‘n gig nie. Dit is nie net ‘n fees nie. Dit is ’n BEWUSTSYNSKONTAK MET DIE ONDERWERELD VAN AFRIKAANSE ALTERNATIEF.

Dis sweterig, dis lawaaierig, dis brutaal eerlik – en dit is net vir diegene wat LEEF vir klank en chaos.


As jy bang is vir ‘n feedback-loop, bly by die huis.

As jy dink Afrikaanse musiek is net vir pop-radio, moenie jou tyd mors nie.

Maar as jy iets regtig voel, iets anders soek, en ‘n show soek wat JOU lus sal blus – dan is KALTFEST JHB waar jy moet wees.

Hier gaan jy nie net luister nie – jy gaan VERSLIND word.


LINE-UP:


15:00 – Fabel

15:45 – Hendriek Bleik

16:30 – Tweepuntplug

17:16 – Kerkstraat

18:00 – Kristi Steyn

18:45 – L!sa

19:30 – Skrikkeljaar

20:15 – Dierbaar

21:00 – Kaart Blaansje

21:45 – Doodsvonnis

22:30 – BCOM

23:15 – Schmat

00:00 – Yung Pierewiet

00:45 – Die Fakboiz


WAARSKUWING:

Hierdie show is nie vir almal nie.

Dit is vir dié wat regtig voel.

Dié wat wil skree, wat ‘n huis in die musiek wil vind, wat ‘n AFRIKAANSE KULTURELE OPSTAN soek wat nie in ‘n netjiese pakkie kom nie.


As jy vir een oomblik twyfel of jy hier hoort – jy behoort waarskynlik nie.

Maar as jy gereed is vir ’n fees wat jou brein sal breek, jou hart sal laat bars, en jou ore sal laat bloei – koop jou kaartjie NOU. ????


GEEN ONDER 18's – MOENIE EERS PROBEER NIE.

GEEN DWELMS – AS JY NIE DIE MUSIEK KAN HANTEER SONDER DIT NIE, BLY BY DIE HUIS.

REG VAN TOELATING VOORBEHOU – AS JY ‘N POES IS, GAAN JY UIT.

Jy koop nie net ‘n kaartjie nie. Jy koop ‘n ervaring, ‘n rite of passage, ‘n stuk geskiedenis.

SPOTIFY

DIRECTIONS

KALTFEES (JHB)
Tweefontein Melkery
Get Directions