No under 13s

Mel die Storieverteller - NG KERK LAMBERTSBAAI - Internet Sensasie

Sat Sep 6, 11:30 - Sat Sep 6, 12:50

Nederduitse Gereformeerde Kerk - Lambertsbaai

ABOUT

In die regte lewe is Mel die Storieverteller 'n komediant en katliefhebber, maar in 'n ander dimensie - die een binne ons fone - is sy 'n Afrikaanse internetsensasie.


In haar derde stand up comedy show, Internet Sensasie, verklap Mel UITEINDELIK wat sy rérig dink van hierdie elektroniese oerwoud vol honger leeus, ywerige flaminke en ontaktvolle (sw)ape.


Mel vertel van die tannie langsaan se ongesonde obsessie met TikTok en likes, die een influencer wat haar thrifted broek bo hou met 'n skoenveter en Oom Gert se groot fout op die gemeenskap se Facebook blad. Soos gewoonlik het Mel se stories 'n klomp draaie - jy dink jy is op pad na die einde dan swaai sy skerp links en gooi jou met 'n onverwagse staaltjie oor haar man se nuwe slaaptyd bykomstigheid.


Gehoorlede kan interessante stories (snaaks), danspassies (nie so snaaks) en 'n lied of twee (ag, sy probeer) verwag. Daar is plek vir baie lag en spasie om te dink aan jou eie foon maniere.


"Mel laat jou tuis voel. Jy WIL luister wat sy sê. En dan lag jy boonop baie."

- Margit Meyer-Rödenbeck


"Vars, oorspronklik en vrek snaaks."

-Pretoria FM


Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)

Styl: Komiese Storievertelstyl

Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s

Teks: Mel die Storieverteller

Musiek: Peach van Pletzen

Dekor: Imile Wepener


Daar is gehoorinteraksie, net die 'braaf' sit in die voorste twee rye.


Ten bate van NG Kerk Lambertsbaai

R350pp - ete en 'goodie hamper' ingesluit.

Deure open: 10h30

Vertoning begin: 11h30

DIRECTIONS

Mel die Storieverteller - NG KERK LAMBERTSBAAI - Internet Sensasie
Nederduitse Gereformeerde Kerk - Lambertsbaai
Get Directions