No under 13s

Katrina Kakkerlak

Tue Mar 25, 19:30 - Tue Mar 25, 20:15

61 Loop St

ABOUT

Katrina Kakkerlak


‘n Tragikomedie wat handel oor die enigmatiese inwoner op die boer beskermde Die Ark met die naam Katrina Kakkerlak. Sy is glo van Koekenaap en is onlangs uit die tronk vrygelaat. Niemand ken regtig veel van haar nie, behalwe dat sy gaande oor goggas is. En nes die verdoemde insekte hou sy die wêreld van onder dop en neem die kykers op ‘n eiesoortige, roerende en skreeusnaakse reis deur haar verlede vol skaduplekke en koue tralies tot in die sandpaaie van Die Ark. 

Sy wil maarnet behoort, maar die son is vedala en die maan hou vir niemand ‘n spot. 


Skrywer en speler: Dianne Du Toit Albertze

Regie en ontwerp: Eddie Newman


Biografie:


Dianne Du Toit Albertze is ‘n teatermaker, skrywer en onderwyser van die geel stof strate van Springbok, Namakwaland. Sy het aan die Universiteit Stellenbosch studeer en behaal in 2018 ‘n Honneursgraad in Drama en Teaterstudies. In 2016 debuteer haar produksie “Kommapunt” by die Toyota US Woordfees waar dit Beste Nuweling wen en weer in 2017 speel. Dieselfde jaar word sy genomineer vir drie Kanna toekennings by die KKNK waarvan sy die Beste Opkomende Kunstenaar wen vir “Die Meermin Kompleks”. In 2019 debuteer haar teks “Klip Kween” by Woordfees, en in dieselfde jaar word sy vir ‘n Fleur de Cup toekening genomineer vir Beste Student en ontvang ‘n skrywersbeurs van NATi en Vrystaat Kunstefees. Albertze is deel van die eerste Jakes Gerwel residensie vir Jong Dramaturge onder leiding van Amy Jephta waar sy “Kaap”oplewer wat in 2020 Naasbeste produksie wen by die NATi Jong Sterre Suidoosterfees. Haar eerste roman “bottelnek breek bek” word deur by Human en Rosseouw gepubliseer. Sy het onlangs klasgegee in Dramatiese Kunste aan O’kiep Hoerskool.


Eddie Newman is a Magnet Theatre trainee from 2012-2013 in the Full Time Training and Job Creation Programme. He participated in creating and performed in 4 original pieces of theatre –running with the goldfish and wrapping the sea directed by Brink Scholtz, Heart of Redness ,a collaboration with cape Town Opera directed by Prof Mark Fleishman,Tree /Boom/Umthi directed by Jennie Reznek. In 2013 and 2014 he played in Nancy written by Jill Levenberg, Ilse Oppelt, Peter Rain Murray and Abduragmaan Adams and directed by Abduragmaan Adams.

He also played different roles in the production Kap’an Written by Riaan Visman and Abduragmaan Adams at the Suidoosterfees. He later became part of the South African lippizaners .Where he was part of the company as a performance rider. In 2024 Eddie created a performance art work “Blinkers” where he performed at Suidoosterfees and Live Art Weekend at the Baxter Theatre Masambe curated by Carin Bester.

DIRECTIONS

Katrina Kakkerlak
61 Loop St
Get Directions