NADINE - KLEURE met Johan Heystek
Fri May 30, 19:00 - Fri May 30, 20:30
Impetus Gemeente
ABOUT
NÁDINE BRING KLEUR NA DIE VERHOOG MET HAAR NUUTSTE VERTONING IN PORT ELIZABETH
Nádine is een van Suid-Afrika se mees ikoniese sangers en keer terug na die verhoog met KLEURE – ‘n vertoning wat musiek deur die dekades in helder nuwe skakerings herleef.
Hierdie produksie is geïnspireer deur die seisoene van die lewe – van die warmte van somer tot die diepte van winter – en sluit 'n keur van plaaslike én internasionale treffers in, soos:
• True Colours – Cyndi Lauper
• Red Red Wine – UB40
• Purple Rain – Prince
• Green Green Grass of Home – Tom Jones
• Gold – Spandau Ballet
• Klassieke Afrikaanse pop-liedjies in ‘n nuwe kleurpalet
Nádine se stem – bekend vir haar emosie, krag en omvang – gee nuwe lewe aan elke noot.
Maar sy is méér as net 'n sanger – Nádine het ook naam gemaak in die wêreld van musiekteater. Sy het in 2017 die rol van Narrator vertolk in Andrew Lloyd Webber se bekroonde produksie van Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat – 'n rol waarvoor sy wyd geprys is.
Erkennings en mylpale sluit in:
• Verkope van meer as 500 000 albums
• 20+ jaar in die musiekbedryf
• Internasionale otredes – van Duitsland tot die VSA
• Wenner van die World Peace Song Festival (2010)
• ATKV-Liedjieskryfpryswenner
• Gasvrou en aanbieder van Musiek Roulette
Die talentvolle Johan Heystek – bekend vir sy werk in Liefling: Die Movie – sorg vir meesterlike musikale begeleiding wat hierdie vertoning na nuwe hoogtes neem.
Kyk agter die skerms en hoor hoe Johan en Nadine die liedjies gekies het: https://youtube.com/shorts/IxFz0IH4D-w
KLEURE is ‘n fees van herinnering, ritme en emosie – moenie hierdie reënboog van ‘n vertoning misloop nie!