Sakkie van der Merwe Kommandorit
Sat May 3, 08:00 - Sat May 3, 23:59
Swellengift Plaas
ABOUT
Sakkie van der Merwe is gebore op 13 Mei 1967 en het groot geword op die plaas, Langerug, in die Philadelphia area, hy is op 4 September 1999 in 'n frats motorongeluk oorlede. Sakkie was baie lief vir perde en was juis die dag waarop hy verongeluk het, op pad na 'n perdrybyeenkoms. Sedert 2000 het 'n groepie van sy vriende en familie 'n gedenkrit gehou en van 2007 af is die Sakkie vd Merwe Kommandorit as 'n fondsinsamelingsgeleentheid gebruik ten bate van die NGK Philadelphia.
Daar word deur die wingerde en koringlande van die Koeberg gery. Vir die persone wat nie perd of perdekar kan ry nie, is daar trekkers met waens wat dieselfde roete ry. Geen ander voertuie word toegelaat.
Die oggend begin met 'n koffie en beskuit. Die eerste skof is +-12km, waarna gestop word vir 'n boereworsrol en iets te drinke. Die laaste skof van ook +-12km is terug na die vertrek punt, by die aankoms brand die vure al hoog en word die aand afgesluit met 'n lekker skuurdans en ete.
Hierdie Kommandorit het 'n jaarlikse instelling geword en word geniet deur perdeliefhebbers, asook mense wat van die buiteluglewe hou.